SUKSESVOLLE GHOLFDAG

2025 SANPARKE EREVELDWAGTERS GOLFDAG

“Beste Leon 

 

2025 SANPARKE EREVELDWAGTERS GOLFDAG IN UPINGTON 

 

Ons rig hiermee ‘n persoonlike skrywe aan jou om baie dankie te sê vir julle bydrae om die Golfdag op 23 Augustus ‘n sukses te maak. 

 

Vanuit alle oorde is hierdie dag as suksesvol beskryf en elke deelnemer en persoon wat betrokke was moet hierdie erkenning deel. 

 

Ons hoop van harte dat jul ook die dag geniet het en dat jul ons weer sal ondersteun in 2026.  

 

Soos genoem gaan alle fondse wat ingesamel is aan die SANParke Ereveldwagters van die Ariede Streek.   Ons is vrywillers ter ondersteuning aan vyf Ariede Nasionale Parke, nl Kgalagadi Oorgrens, Richtersveld, Augrabies Watervalle, Namakwa en Meerkat Nasionale Parke.  Ons is behulpsaam om toeriste ervarings te verbeter in fasiliteite wat hul gebruik, die bevordering van omgewing en kulturele erfenis in die Nasionale Parke, professionele dienste en bewaringsondersteuning. 

 

Ondersteuning soos wat ons van die Upington gemeenskap ervaar het, is kosbaar om hierdie doelwitte te kan bereik. 

 

Ons beste wense dat Emerald Makelaars groot hoogtes gaan bereik in 2025.  

 

Vriendelike groete”

 

 


Gepubliseer op:

October 6, 2025

Webtuiste ontwerp en onderhou deur Web Ateljee.