Spesialis Versekering

Spesifieke versekeringsoplossings met die hoogste vlak van kundigheid

Sekere kommersiële besighede vereis dekking wat nie deur die standaard polisbewoording beskryf word nie.

Ons het toegang tot verskeie spesialis sektore se versekerings produkte.

Die sektore sluit in:

Ingenieurswese versekering

Dekking vir kontrakteurs masjienerie en toerusting, masjienerie breekskade en gevolglike verlies aan inkomste, verslegting van voorraad, elektroniese toerusting en siviele ingenieurswerke.

Eiendoms / Deeltitel versekering

Dekking vir die Deeltitel Beheerliggaam wat die eienaars kollektief dek vir skade aan die kompleks veroorsaak deur brand, water, aardbewing, onluste, gebarste waterapperate en pype en botsing deur voertuie.

Mariene versekering

Romp en motore dekking vir kommersiele-, visvang-, en plesier vaartuie vir see- of binnelandse waters. Ook beskikbaar mariene vragversekering vir die in- of uitvoer van produkte asook aanspreeklikheid dekking.

Lugvaartversekering

Vliegtuigromp en Aanspreeklikheids dekking vir kommersiele-, privaat- en boerdery aktiwiteite om in te sluit passasiers aanspreeklikheid verliese.

Vervoerkontrakteurs versekering

Dekking vir skade en verliese aan voertuie en sleepwaens insluitend transito/vragdekking asook afkoop van bybetalings opsies en verlies van gebruik/inkomste.

Aanspreeklikheid versekering

Dekking vir Gemeenregtlike- / Professionele Aanspreeklikheid verliese wat mag ontstaan uit u normale bedryfsaktiwiteite.

Kontrakteurs Alle Risiko Versekering

Dekking vir bouprojekte wat sal insluit skades veroorsaak deur onder andere storm, brand, water, insakking, diefstal, transito en kwaadwillige skade asook aanspreeklikheids dekking.

Reisversekering

Dekking om risikos te beperk wat insluit toevallige dood, hospitalisasie, mediese uitgawes, repatriasiekostes, kansellasies, aanspreeklikheid en verliese van bagasie tydens n vakansie- of sakereis.

Hommeltuigverskering

Dekking vir skade aan die tuig terwyl in vlug of nie, vir privaat-,boerdery-, of besigheidsgebruik insluitend aanspreeklikheidsdekking. Die operateur moet voldoen aan die wetlike vereistes.

Taxi versekering

Dekking vir skade en verliese aan Mini- en Midibus taxi’s insluitend meter toegeruste sedan voertuie en shuttle dienste operateurs om in te sluit passasiers en derdeparty aanspreeklikheid.

Gastehuisversekering

Ons ontleed en dek die spesifieke spysenierings- en gasvryheidsbehoeftes van u gastehuis.

Jongste

Kliënte Terugvoer

Goeie Dag Annelize. Wens ek het so 'n persoon soos jy in my besigheidtjie gehad, jy is blitsvinnig! Nogmaals dankie vir jou uitstekende diens.

B. Potgieter

Goeie môre en baie dankie Kenleigh vir die die diens, ons waardeer dit regtig. Ons sien uit na n lang en goeie verhouding.

R. Du Toit

Baie dankie Kenleigh, dis fantastiese diens wat jul lewer.

D. Gagiano

Goeie middag Kenleigh, baie dankie vir jou vinnige en vriendelik hulp, ons waardeer.

J. Karstens

Ek is so dankbaar vir die puik diens wat jy altyd bied k gaan saam met jou waar jy gaan. Ek is bly ek het jou by ABSA raakgeloop.

A. Isaacs

Baie dankie Annelize. Ek is dankbaar dat die eis so vinnig afgehandel is. Julle is tops. Altyd so bereidwillig om te help en met die spoed van witlig. Weereens baie dankie.

M. Young

Baie dankie vir vinnige professionele diens. Dit word opreg waardeer.

J. Taute

Verskaffers

Goedgekeurde en Handgekiesde Diensteverskaffers

Webtuiste ontwerp en onderhou deur Web Ateljee.