Persoonlike Versekering

Persoonlike versekering met ‘n verskil!

Ons sal u adviseer om die regte produk te bekom.

Ons neem verskeie faktore in ag soos ouderdom,beveiliging, ekstras op voertuie, awery, afkoop van bybetalings , motorhuur , gespesifiseerde items en vele ander om die regte aanbeveling aan u as klient voor te lê.

Algemene Versekering

Dekking vir geboue en inhoud, kragstuwing en toevallige skade aan huishoudelike goedere, gespesifiseerde en ongespesifiseerde alle risiko, privaat voertuie om in te sluit karavane, sleepwaens en vaartuie. Motorhuur en verskil markwaarde/huurkoop dekking en persoonlike aanspreeklikheid.

Hoë Waarde Produkte

Spesialis dekking vir die hoe waarde klient vir geboue en inhoud, ongespesifiseerde persoonlike all risiko, kragstuwing en toevallige skade onbeperk tot die versekerde bedrag, private versamelings, hoe waarde voertuie met gepaardgaande motorhuur, klassieke voertuie en persoonlike regsaanspreeklikheid.

Jongste

Kliënte Terugvoer

Goeie Dag Annelize. Wens ek het so 'n persoon soos jy in my besigheidtjie gehad, jy is blitsvinnig! Nogmaals dankie vir jou uitstekende diens.

B. Potgieter

Goeie môre en baie dankie Kenleigh vir die die diens, ons waardeer dit regtig. Ons sien uit na n lang en goeie verhouding.

R. Du Toit

Baie dankie Kenleigh, dis fantastiese diens wat jul lewer.

D. Gagiano

Goeie middag Kenleigh, baie dankie vir jou vinnige en vriendelik hulp, ons waardeer.

J. Karstens

Ek is so dankbaar vir die puik diens wat jy altyd bied k gaan saam met jou waar jy gaan. Ek is bly ek het jou by ABSA raakgeloop.

A. Isaacs

Baie dankie Annelize. Ek is dankbaar dat die eis so vinnig afgehandel is. Julle is tops. Altyd so bereidwillig om te help en met die spoed van witlig. Weereens baie dankie.

M. Young

Baie dankie vir vinnige professionele diens. Dit word opreg waardeer.

J. Taute

Verskaffers

Goedgekeurde en Handgekiesde Diensteverskaffers

Webtuiste ontwerp en onderhou deur Web Ateljee.