Beleid

Emerald se persoonlike privaatheidsbeleid sluit die volgende in

Persoonlike Privaatheid Beleidsverklaring

By Emerald Finansiële Dienste (Pty) Ltd is dit belangrik dat u persoonlike inligting met respek hanteer en beskerm word. Dit is ook ‘n grondwetlike reg, wettig en ‘n goeie sakepraktykvereiste wat ons in ‘n baie ernstige lig beskou.

(Ons verwys u graag na die definisie van Persoonlike Inligting aan die einde van die beleidsverklaring)

In ooreenstemming met die voorwaardes in die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 3013 (Die Wet) het ons:

  1. Gesamentlike verantwoordelikheid en aanspreeklikheid met u aanvaar om u persoonlike inligting verantwoordelik te bestuur en te beskerm wanneer ons u van dienste en oplossings verskaf.
  2. Onderneem om slegs u persoonlike inligting te ontvang en te verwerk wat nodig is vir die doel om u met die nodige diens en oplossing te help, die nodige verwante ooreenkomste te sluit en die wettige regsbelang van alle betrokkenes in ag te neem soos deur die Wet bepaal. Asook om u reg te respekteer om u toestemming vir die verwerking van die inligting te verkry en ook u reg op die verwerking van u persoonlik inligting terug te trek.
  3. Onderneem om u persoonlike inligting slegs te gebruik vir die doel waarvoor ons dit benodig om u van diens te kan wees.
  4. Onderneem om nie u persoonlike inligting met iemand anders te deel of verder te verwerk vir, indien dit nie nodig is nie en deur die wet bepaal word nie.
  5. Onderneem om openlik en deursigtig te wees en u in kennis te stel soos en wanneer dit deur die wet vereis word oor waarom en hoe u persoonlike inligting versamel moet word.
  6. Onderneem om u persoonlike inligting in ons besit te beskerm en veilig te bewaar.
  7. Onderneem om te alle tye aan u bekend te maak oor watter inligting ons beskik, om die inligting op te dateer en reg te stel en nie langer te hou as wat die wet dit vereis nie.

Ons en/of die maatskappye wat u persoonlike inligting versamel, verwerk, of gebruik om u van die nodige diens en/of inligting te verskaf om u van diens te wees sal slegs gebruik word soos deur die wet vereis vir die volgende redes:

  1. Om relevante produkte of dienste met u te deel of te lewer, om die transaksie wat u aangevra het uit te voer, en om ons verhouding te handhaaf.
  2. Om op u vrae en behoeftes te reageer.
  3. Om u identiteit te bevestig en te verifieër of om veiligheidsdoeleindes ‘n gemagtigde gebruiker te wees.
  4. Vir versekeringsdoeleindes.
  5. Om eise te hanteer en te verwerk.
  6. Om, slegs indien u dit goedkeur, kredietverwysingsoektogte of verifikakasies uit te voer, slegs as u dit gemagtig het of indien dit ‘n vereiste is om die oplossing aan u te verskaf.
  7. Vir operasionele doeleindes waar nodig is om u te help met die oplossings wat u benodig of nodig het.
  8. Vir oudit- en rekordhouding.
  9. In verband met moonltike vereistes wat deur die Inligtingreguleerder of ander regeringsinstansies wat deur die wet, regsgedinge of hofuitsprake toegelaat word.
  10. Ons mag dalk u persoonlike inligting moet deel en/of sagteware en/of aanlynplatforms moet gebruik om u inligting in te voer en te verwerk vir ‘n toepassing, eise of sakebestuursdoeleindes. Dit sal slegs gedoen word met die nakoming van die vereistes van die Wet.

    Ons en/of die ondernemings wat die oplossings aan u moet verskaf mag dalk gebruik maak van “cookies” op hulle webtuistes. Dit stel ons en hulle instaat om u toekomstige besoeke aan ons webwerf te verbeter, asook om u ‘n meer gebruikersvriendelik ervaring te bied. Die Cookie Policy kan op die webwerwe gevind word.

    Enige bykomende inligting kan by die Inligtingsreguleerder bekom word, wat gekontak kan word soos hieronder uiteengesit. Tree asseblief eers ook met Emerald Finansiële Dienste (Pty) Ltd in verbinding om enige navrae of bekommernisse met u te bespreek:

    Definisie van Persoonlike inligting

    U persoonlike inligting word deur die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (Die Wet) gedefinieer as:

    “Beteke inligting met betrekking tot ‘n identifiseerbare, lewende, natuurlike person, en waar dit van toepassing is, ‘n identifiseerbare, bestaande regspersoon, insluitende, maar nie beperk nie tot –

    1. Inligting rakende die ras, geslag, swangerskap, huwelikstatus, nasionale, etniese of sosiale oorsprong, ouderdom, liggaamlike of geestelike gesondheid, welstand, gestremdheid, godsdiens, gewete, geloof, kultuur, taal en geboorte van die persoon;
    2. Inligting rakende die opvoeding of die mediese, finansiële, kriminele of diensgeskiedenis van die persoon;
    3. Enige identifikasienommer, simbool, e-posadres, fisiese adres, telefoonnommer, liggingsinligting, aanlyn-identifikasie of ander spesifieke opdrag aan die persoon;
    4. Alle biometriese inligting van die persoon;
    5. Persoonlik opinies, siening of voorkeure van die persoon;
    6. Korrespondensie gestuur deur die persoon wat implisiet of eksplisiet van privaat of vertroulike aard is of verdere korrespondensie wat die inhoud van die korrespondensie sou openbaar;
    7. Die mening of menings van ‘n ander individu oor die persoon; en
    8. Die naam van die persoon as dit saam met ander persoonlike inligting met betrekking tot die persoon voorkom, of indien die bekendmaking van die naam self inligting oor die persoon sou openbaar”.

Webtuiste ontwerp en onderhou deur Web Ateljee.