DAREDEVILS
Emerald Portefeulje Bestuur & Emerald Finansiële Dienste was deel van duisende dapper mans regoor Suid-Afrika wat deel geneem het aan die Hollard Daredevil Run.
Op Vrydag, 31 Oktober 2025 om 17:00 het ‘n paar dapper helde voor Emerald se kantore byeengekom om die strate van Upington in te vaar in niks anders as ‘n knap pers Hollard Daredevil speedo en tekkies!
Dit alles vir die stryd teen prostaat- en testikulêre kanker!
Hollard Daredevil Run moedig mans aan om openlik oor hulle gesondheid te praat en beheer daaroor te neem.
In vennootskap met KANSA (Kankervereniging van Suid-Afrika) en PCF (Prostaatkankerstigting) het elke manspersoon, wat in sy oulike pers speedo gehardloop het, bygedra om toetse te befonds vir mans wat nie toegang het tot die sifting vir prostaat- en testikulêre kanker nie. Hulle bevorder bewustheid, ondersteuning en navorsing in die verband.
Ons wil ook ons opregte dank uitspreek aan Dr. van Eeden vir sy kunidge bydrae met sy kort, kragtige en inspirerende toespraak oor prostaat- en testikulêre kankerbewustheid.
Vroeë opsporing red lewens!
‘n Groot dankie aan HOLLARD vir die reël en aanbied van die ongelooflike lekker Daredevil Run!
Saam doen ons dit weer!!
Ons is TROTS op elke deelnemende PERS SPEEDO DAREDEVIL wat ‘n verskil gemaak het om fondse vir hierdie doel in te samel.
Geniet die video.
Leon Nel
Namens Emerald Portefeulje Bestuur en Emerald Finansiële Dienste
Gepubliseer op:
November 6, 2025




























Webtuiste ontwerp en onderhou deur Web Ateljee.