ONS KAN U BESKERM TEEN DIE VERLIES VAN KUBERMISDAAD

KUBERMISDAAD

LAAT ONS TOE OM U TEEN DIE VERLIESE

VAN KUBERMISDAAD TE BEKERM! 

 WAT BEHELS KUBERMISDAAD?

Misdadigers is orals.  Die tyd is verby dat u slegs u persoonlike items teen misdadigers moet beveilig.  Jy moet jou aanlyn (internet) en digitale aktiwiteite (slimfone ens.) teen kubermisdadigers ook beveilig.

Kubermisdadigers loots aanvalle op persone wat  daagliks gebruik maak van Internetfasiliteite om take te verrig.

Die doel van die aanvalle is om belangrike informasie te steel van die gebruiker.  Daar word aangetoon dat internetbankdienste die hoofteiken vir kubermisdadigers in Suid-Afrika is.

U as verbruiker moet dus al hoe meer agslaam om u persoonlike inligting te beskerm en vertroulik te hou.

Ondanks die feit dat kuberveiligheidstegnieke met rasse skrede verbeter het, ontwikkel misdadigers steeds gesofistikeerde maniere om stelsels te ontwrig en data te steel. Dis waarom u ekstra waaksaam en voorbereid moet wees teen kuberaanvalle.

Tipes kubermisdaad

  • PHISHING (ʼn Uitvissingsveldtog): Dit neem gewoonlik die vorm aan van gemorspos of soortgelyke kommunikasie soos SMS’e.
  • MALWARE (Aanvalle deur kwaadwillige sagteware): Dit behels dat ʼn rekenaarstelsel of netwerk met ʼn rekenaarvirus of ander tipe kwaadwillige sagteware geïnfekteer word.
  • Mobiele toestelle: – Misdadigers prakseer altyd slim maniere om mense met ʼn slenter te vang. Die feit dat ʼn boodskap per SMS gestuur word, maak dit nie veilig nie – wees dus altyd op jou hoede.

En daar vele meer…

“Navorsing het getoon dat gebruikers minder waaksaam is wanneer hulle op hul selfone werk, dikwels omdat hulle gelyktydig met verskillende  take besig is”

  Hoe om uself te beskerm:

  • Moet nooit u skootrekenaar oop en/of sonder toesig laat nie;
  • Gebruik sterk wagwoorde en verander hulle gereeld;
  • Moet nooit u wagwoorde met enigiemand deel nie;
  • Wees op die uitkyk vir e-posboodskappe wat vreemd lyk. Byvoorbeeld taalfoute, spelfoute of verskillende lettertipes;
  • Moenie op vreemde e-posse en/of boodskappe reageer en die aanhangsels oopmaak nie.  Skrap dit liewers.

LW: Finansiële instellings met ʼn goeie naam sal jou nie uit die bloute kontak en jou vra om rekeningbesonderhede, wagwoorde, PIN- of OTP-nommers te verskaf nie.

By Emerald Portefeulje Bestuur kan u dekking uitneem om u teen hierdie verliese te beskerm teen ‘n bekostigbare premie.

 Wat word gedek:

 Persoonlike kliënte:

  • Verlies van fondse vanuit ‘n rekening in u naam as gevolg van ‘n fondsoordrag, gemagtig of ongemagtig, as gevolg van die bedrieglike optrede van ‘n derde party wat nie verhaalbaar is van jou finansiële instelling of derde party nie.

Besigheidskliënte:

  •  ‘n verlies van fondse uit ‘n rekening in die naam van u besigheid as gevolg van ‘n fondsoordrag, gemagtig of ongemagtig as gevolg van die bedrieglike optrede van ‘n derde party wat nie verhaalbaar is van jou finansiële instelling of derde party nie.

Skakel ons gerus om meer hieroor uit te vind. 

 


Gepubliseer op:

August 29, 2022

Webtuiste ontwerp en onderhou deur Web Ateljee.