BOEDELHANTERING
Indien u lewenspolis nie begunstig is nie sal die opbrengs na die boedel gaan wat moontlike onnodige vertraging en afhandeling van die boedel kan veroosaak. Dit kan beteken dat u geliefdes sonder die nodige kontantvloei kan opeindig. Daar is nodigheid dat polisopbrengste ook na u boedel gaan om boedelkostes en -laste te dra. Daar moet ‘n balans gehandhaaf word.
Wanneer laas het u na u polisse laat kyk?
Lees die berig hieronder en skakel ons gerus om u van die nodige advies te voorsien.
Boedelhantering “moes status van noodsaaklike diens kry”
Berig en erkenning aan: Maygene de Wee
Netwerk 24
Die Covid-19 pandemie het ‘n wesenlike invloed op die funksionering van Suid-Afrika se meesterskantore gehad en is een van die redes dat boedels nie afgehandel en trutsrekeninge nie geregistreer ka word nie.
Die Fidusiêre Instituut van Suider-Afrika (Fisa) het in ‘n verklaring sgtatistieke en inligting hieroor bekend gemaak.
Dit kom enkele dae na ‘n verrassingsbesoek van John Jeffery, Adjunkminister van Justisie en Korrektiewedienste, aan die Meesterkantoor van die Hooggeregshof in Pretoria. Jeffery het sy ontevredenheid uitgespreek oor die funksionering van diè en ander Meesterskantore.
Louis van Vuuren, Uitvoerende Hoof van Fisa, sê in die verklaring dat van die probleme al die afgelope 18 maande ondervind word.
Volgens hom sluit dit die versuim in om boedels tydens die pandemie tot ‘n noodsaaklike diens te verklaar. Dit was veral nodig in ‘n tydperk waarin sterftes en sterftekwessies toegeneem het.
Nog ‘n probleem is, volgens Van Vuuren, die gereelde sluiting van vele Meesterskantore in die land om dit te ontsmet nadat personeel positief vir die koronavirus getoets is.
Daar was egter ook probleme by die Staatsdrukkery wat daartoe gelei het dat regskwessies in Maart 2021 langer as ‘n maand nie in die Staatskoerant gepubliseer is nie.
Die skorsing van Tessie Bezuidenhout, Hoofdirekteur van die Meesterskantoor, en ander personeel sonder dat duidelike redes daarvoor verskaf is, het ook bygedra tot die warboel in die Meesterskantore.
Verder was daar die kuberaanval op die Departement van Justisie se rekenaarstelsel.
Die aanval het ‘n invloed op die Meester se webportaal gehad, wat daartoe gelei het dat banke nie briewe wat Eksekuteurskap aandui, kon bevestig nie.
Die Aktekantoor in Pretoria is ook toegemaak nadat die elektrisiteitsrekening nie betaal is nie.
Jeffery het met sy besoek Vrydag aan die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof in Pretoria gesê hy is nie tevrede met wat hy gesien het nie.
Daar is toe berig veral regslui is die laaste paar jaar hoogs ontevrede oor die swak diens en groot agterstande in ie Meesterskantore in talle provinsies.
Die Meesterskantoor vna die Hooggeregshof is vir die administrasie van likwidasies en boedels en die registrasie van trust verantwoordelik.
~*~*~
Gepubliseer op:
February 8, 2022




























Webtuiste ontwerp en onderhou deur Web Ateljee.