HET U ‘N GELDIGE TESTAMENT

In ons tyd word baie staat gemaak op ons fundamentele regte.

So is jou reg tot “testeervryheid” ‘n fundamentele reg.  Oor die eeue heen is “testeervryheid” deur ons gemenereg as ‘n basiese begingsel erken, wat slegs onderhewig was aan ‘n beperkte lys van spesifieke voorbehoude.

Ons howe het ook bevestig dat hierdie Vryheid deur ons Grondwet ondersteun word.  So sê die Hoogste Hof van Appèl: “Die reg op waardigheid verleen aan die lewende , sowel as die sterwende, gemoedsrus met die wete dat hulle laaste wense na oorlye respekteer sal word.”

“MEER AS 75%  VAN SUID-AFRIKANERS STERF SONDER OM ‘N GELDIGE TESTAMENT IN PLEK TE HÊ”

 ‘n Behoorlike opgestelde en verlyde testament (u “Laaste Testament en Wilsbeskikking”) is die enigste manier waarop u verseker dat daar behoorlik na u geliefdes omgesien word wanneer u nie meer daar is nie.

Die “testeervryheid” in die Grondwet verskans, gee u die reg om te besluit wie u besittings mag erf.  Indien u nie van hierdie reg gebruik maak nie, verbeur u die reg om te besluit wie wat van u gaan erf.

 

Wat gebeur indien u nie ‘n geldige testament het by u afsterwe nie?

Vererwing geskied volgens intestate opvolg reëls.

Enkele intestate opvolg reëls:

  • Gade oorleef met geen kinders:-   Die gade erf die hele boedel.
  • Gade oorleef met kinders:-   Gade erf die grootste van ‘n kindsdeel of R250 000-00.
  • Nakomelinge sonder ‘n gade:-   Boedel word eweredig tussen kinders verdeel (ook van toepassing op aangenome kinders).
  • Geen gade of nakomelinge:-   Indien ouers leef, die geld word eweredig tussen ouers verdeel.

Verdere gevolge wanneer u sonder ‘n testament sterf.

 U verbeur die geleentheid om te besluit wie wat erf en u boedel word verdeel soos wat deur Suid-Afrikaanse Wetgewing bepaal word. Dit kan beteken dat persone wat u nie wou laat erf dalk van u bates erf.   Indien u nie getroud is nie kan u lewensmaat dalk sonder engie erfenis agter gelaat word.

  • U minderjarige kinders se erfporsies mag dalk aan die Staat se Voogdyfonds betaal word vir bewaring;
  • Waarskynlikheid van ‘n familietwis indien u laaste wense nie uiteen gesit is nie.
  • Die beredding van u boedel kan jare neem, aangesien die Meester nou ‘n Eskekuteur moet aanstel.
  • U verloor die vermoë om ‘n voog oor u kinders aan te stel.

Indien u twyfel oor die uitvoerbaarheid van u testament of as u dalk nie ‘n getekende testament het nie, kontak ons gerus by Emerald Finansiële Dienste om u te help om sekerheid te kry rondom die uitvoerbaarheid van u laaste wense.

Opgestel:  Louis Engels

16/09/2021


Gepubliseer op:

September 16, 2021

Webtuiste ontwerp en onderhou deur Web Ateljee.