Maandverslag Augustus 2024

Maandverslag Augustus 2024

August 2024

In ‘n verrassende wending het die Bank van Japan rente vir slegs die tweede keer sedert 2007 gelig na 0.25%. die hoogste vlak in 15 jaar. Dit het beleggers geforseer om uit “carry trades” te klim waarin hulle teen die yen op lae koerse leen om beter opbrengste in dollar gebaseerde beleggings te verdien.
Japanse aandele het met hierdie transaksies skerp gedaal terwyl verdere verskerping van monetêre beleid in die land verwag is. Die daling is vererger deur die swak VSA ekonomiese data en tegnologie maatskappye se verdienstes. Japan se aandelemark het die skerpte twee-dag daling in die geskiedenis ervaar (selfs erger as Swart Maandag in 1987).

Bron: Fund Focus

Internasionale markte het ook skerp reageer met volatiliteitsvlakke wat opgeskiet het na ‘n rekordvlak vir een dag. Dit het vrese van vorige krisisse laat opvlam. Die herstel later in dieselfde week was ‘n positiewe teken, met ekonomiese data uit die VSA wat dit ondersteun het.
Markte het die positiewe uitlatings van die VSA Federale voorsitter, Jerome Powell, by die Jackson Hole Simposium toegejuig. Die VSA dollar het verswak en aandeelmarkte het oor ‘n breë vlak toegeneem omdat beleggers meer vertroue het dat rentekoerse in September gesny sal word. Markte het reeds begin om skerper en meer koersverlagings in te prys oor ‘n korter periode.
Fedrale voorsitter, Jerome Powell het ‘n reguit boodskap aan die mark gestuur met sy boodskap tydens die Jackson Hole Simposium. Hy het aangekondig dat die tyd vir ‘n beleidsaanpassing gekom het. Data het ook getoon dat 818 000 minder mense sedert Maart werksaam is in die VSA ekonomie. Verslae het dus die krag in die ekonomie oorskat. Powell het verder genoem dat die kanse vir inflasionêre druk waarskynlik verby is en dat koersverlagings sal volg. ‘n delikate balanseringsaksie sal gedoen moet word om markte tevrede te stel sonder om hulle te laat skrik. Deur te veel te vinnig te sny mag juis tot markskokke lei.
Die wêreld is tans op rekordvlakke kontant in banke, ook in Suid-Afrika, met meer as R1.8 biljoen op die kantlyn. Gaan laer rentekoerse hierdie kontant kan mobiliseer?
Kamala Harris het die Demokratiese benoeming as presidentskandidaat aanvaar en het belowe om die VSA se leierskap te versterk, en nie om te abdikeer nie. Harris het vier keer meer geld as Donald Trump verlede maand ingesamel en $204 miljoen ingebring. Sekere wed-agentskappe glo dat Harris nou 50.1% kans het om te wen – twee punte meer as Trump se 48%. Daar is egter ander agentskappe wat steeds dink Trump loop voor, so die uitslag is nog in die weegskaal.
Die Fed het koerse stabiel gehou op ‘n 23-jaar hoogtepunt van 5.25% tot 5.5%, maar het aangedui dat ‘n eerste verlaging dalk in September sal gebeur. Markte verwag tans drie agtereenvolgende 0.25% verlagings vanaf September.
Die goudprys het ‘n algehele hoogtepunt bereik naby $2 510/oz. Dit is gedryf deur die verwagte verlaging in rentekoerse asook geopolitieke spanning wat banke dryf om goudreserwes op te koop. Die prys is 20% hoër as ‘n jaar gelede.

Bron: Trading Economics

Die Bank van Engeland het koerse tot 5% verlaag in die eerste koersverlaging sedert 2020. Hulle het aangedui dat meer sal volg.
President Volodymyr Zelensky het bevestig dat Oekraine die eerste keer oor die Russiese grens invalle geloods het in die westelike Kursk streek. Kiëv het die verrassende aanval geloods en tot 10km binne Russiese grondgebied beweeg.
Rusland het gereageer met verskeie missiel- en hommeltuigaanvalle op teikens in Oekraine. Hierdie is Moskou se grootste lugaanval sedert die begin van die oorlog.
Onderhandelinge in Kaïro wat gepoog het om ‘n skietstilstand te bewerkstellig in die Israel – Hamas oorlog het op niks uitgeloop nie. Gesprekke op laer vlakke word egter steeds gevoer.

Suid-Afrika
Die JSE Top 40 indeks het ‘n rekordhoogtepunt op 19 Augustus behaal, aangedryf deur positiewe internasionale ekonomiese data uit die VSA wat vrese van ‘n resessie laat taan het.
Suid- Afrika se inflasiekoers het gedaal na 4.2% vanaf 4.6%. Dit was beter as die verwagte 4.4% en dit het hoop laat opvlam dat die Reserwebank koerse binnekort kan verlaag.
Verdere goeie nuus is dat SA vir meer as 150 dae sonder beurtkrag is, met sommige kragsentrales wat afskaal as gevolg van ‘n oormaat van elektrisiteit. Daar is egter ‘n tekort aan transmissie netwerke en dit veroorsaak dat sommige dele steeds van tyd tot tyd ‘n gebrek aan elektrisiteit het.
Citi Bank het hulle vooruitskatting vir SA se BBP groei van 1.2% vir die jaar en 2% vir volgende jaar bekend gemaak. Hulle noem die positiewe effek van die Twee Pot sisteem, laer inflasie en verwagte rentekoers verlagings as redes waarom verbruiker spandering sal styg. Hulle verwag dat inflasie rondom 4.1% sal stabiliseer in die vierde kwartaal. Hulle verwag 0.25% koersverlagings in September, November en Januarie. Dit is in lyn met ander verwagtinge.

Bron: Trading Economics

Die rand bly ‘n baie volatiele geldeenheid en het sterker gedraai in Augustus. Die geldeenheid het nie net baie ontluikende markte se eenhede uitpresteer nie, maar ook teen die dollar, euro en pond versterk. Suid-Afrika is ekonomies op ‘n goeie plek, ondersteun deur positiewe beweging op politieke vlak.

Bron: Fund Focus

Die volgende tabel, wat die opsomming van agt batebestuurders se opinies is, toon hulle verwagtinge van die rand oor die volgende jaar.

Bron: Glacier Bull and Bear Report

Die volgende tabel evalueer die plaaslike aandeelmark ten opsigte van waardasies (dieselfde agt batebestuurders). Dit toon aan waarom baie batebestuurders die SA blootstelling in aandele verhoog het.

Bron: Glacier Bull and Bear Report

Een bekommernis oor die plaaslike aandelebeurs is die aantal maatskappye wat gedenoteer het. Dit maak die speelveld kleiner en meer gekonsentreerd en die JSE sal moet aanpas ten einde meer maatskappye terug te lok na die beurs toe.

                                                                                                                                     Bron: Momentum Invest

Polities gesproke lyk dit asof baie van die ministers in die RNE die nuwe uitdaging aanvaar het. In sommige munisipaliteite het die DA en ANC verhoudings versuur en gelei tot ander koalisies.
Een van die maand se skok-aankondigings was die bedanking van Floyd Shivambu uit die EFF. Dit blyk asof daar ‘n wedywering tussen die EFF en MK is om te bepaal wie is die mees revolusionêre party. Mzwanele Manyi het ‘n week voor Shivambu ook bedank en ook by die MK party aangesluit.
Brokkies uit die mark
• Hoofregter Raymond Zondo groet.
• Stats SA verklaar dat hulle op raad van tegniese kundiges nie die kern-data van die 2022 sensus wil bekend maak nie want dit lyk of daar gebreke is.
• Minister van Binnelandse sake, Leon Schreiber, het aan parlement genoem dat sy departement in ‘n sistemiese krisis is wat Suid-Afrika se nasionale sekuriteit kan bedreig.
• Die regering skuld miljarde aan bankrot munisipaliteite regoor die land, met provinsiale regerings verantwoordelik vir die meeste van die skuld (R18.6 miljard).
• Die Ondersoek Direktoraat teen Korrupsie het ‘n permanente eenheid in die Nasionale Vervolgingseenheid geword.
• Die uMkhonto weSizwe party het aangekondig dat Floyd Shivambu die party se sentrale bestuurshoof gaan word.
• Nuusberigte beweer dat HSBC tans oorweeg om uit SA te onttrek omdat meer gunstige geleenthede in Asië nagevolg gaan word.
• Nedbank gaan dalk R10.5 miljard aan Transnet moet oorbetaal wees bedenklike finansiële transaksies.
• Suid-Afrika se kleinhandelverkope in Junie het verwagtinge oortref, wat dui op die herstel in verbruikersvertroue.
• Die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika het 19 plaaslike kontrakteurs aangestel om die kragnetwerk te vergroot.
• Die Departement van Gesondheid het aangekondig dat met die verklaring van a-pokke as ‘n internasionale risiko, hulle sifting en opsporing van gevalle verskerp het. 24 gevalle en drie sterftes is al in SA aangemeld.
• Die tweede grootste edel diamant ooit (2 492 karaat) is by Botswana se Karowe myn ontdek. X-strale wat grond penetreer is gebruik in die soektog.
• Suid-Afrika was vierde (na Seychelle, Mauritius en Egipte) in RAB se “Waar om in Afrika te belê?” lys. Groot werkloosheid en ongelykheid het swaar teen Suid-Afrika geweeg.
• Die amptelike werkloosheidskoers het met 0.6% gestyg vanaf 32.9% in die eerste kwartaal, na 33.5% in die tweede kwartaal van 2024. Dit impliseer ‘n rekordgetal werkloses van 8.4 miljoen mense.
• Al Jama-ah raadslid, Kabelo Gwamanda, het as uitvoerende burgemeester van Johannesburg bedank. Die ANC se Dada Morero was in sy plek aangewys
• Kaapstad se rekord reënval in Julie 2024 was amper op dieselfde vlak as die katastrofiese droogte wat die streek in 2015 en 2018 getref het.
• Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het versoek dat Afrika ‘n permanente pos op die VN se veiligheidsraad moet kry.
• Israel en Hamas het ooreengekom om op drie aparte dae en sone skietstilstande te handhaaf ten einde gesondheidswerkers die geleentheid te gee om 640 000 polio inentings op kinders te doen.

Bron: Daily Maverick

• 10 nuwe parlementslede is ingesweer, waaronder Brian Molefe, Lucky Montana and Siyabonga Gama. Almal is in die Zondo verslag geïmpliseer.

 

Rocco Carr

focus photography of person counting dollar banknotes

 


Gepubliseer op:

September 4, 2024

Webtuiste ontwerp en onderhou deur Web Ateljee.