Maandverslag Julie 2024

Maandverslag Julie 2024

Maandelikse verslag

Internasionaal

Wat ‘n interessante maand! ‘n Sluipmoordpoging is op Donald Trump uitgevoer (die eerste in 43 jaar) slegs vier  maande voor voor die VSA presidentsverkiesing.  Hy is in die oor getref, maar sekuriteit het hom dadelik beveilig.  Daar is egter groot vrae oor die FBI en koppe is besig om te rol.  Hierdie aanslag het egter sy kanse om die nuwe president te word verbeter.

Weke daarna het President Biden homself as kandidaat onttrek en sy steun aan Kamala Harris gegee.  Trump het egter nou met nuwe ywer begin meeding (met fokus op verlaging in omgewingsbesteding, verhoging in plaaslike olie- en- gasproduksie, en verlaging in belasting) en loop voor op die meningspeilings.  Alhoewel Harris die gunsteling kandidaat blyk te wees, is haar aanstelling nog nie formeel nie.

Op PredictIt waar weddenskappe op die uitslag geneem kan word het Trump se kanse effens gedaal vanaf 60% na 57% sedert Sondag 21 Julie tot Woensdag 24 Julie.  Harris se kanse het weer verbeter vanaf 40% tot 45%.

 

Die Verenigde Koninkryk se verkiesing het ook die appelkar omgegooi met die Arbeidersparty se leier, Sir Keir Starmer wat die nuwe eerste minister is.  Hierdie verandering kom nadat Eerste Minister Sunak se konserwatiewe party vir 14 jaar regeer het.

 

Alle oë is tans op die Fed en die rentekoers siklus. Streeksverskille in terme van inflasie en ekonomiese groei het gelei tot meer sentrale banke wat rentekoerse begin sny voor die VSA.  Van die groot banke het die Europese Sentrale Bank eerste koerse verlaag in Junie 2024, terwyl die Switserse Nasionale Bank hulle tweede verlaging in Junie gehad het.

Bron:  Trading Logistics

Terwyl rentekoersverlagings internasionaal momentum opgebou het het die IMF egter gewaarsku dat inflasie en salarisverhogings die verlaging kan verlangsaam.

 

‘n Laer VSA inflasie en werkloosheidseise het die swaai weg van tegnologie aandele na minder gewilde aandele laat plaasvind.  Die soeke na aandele oor ‘n breër spektrum vind plaas op die rug van verwagte koersverlagings.  Dit impliseer dat van die indekse soos die S&P500, wat sterk deur hierdie tegnologie reuse ondersteun is, siklies swaarder kan trek met hierdie pryse wat daal.

 

Tans word daar voorspel dat die VSA drie keer in die afsienbare tyd verlagings van 0.25% kan implementeer, beginnend in September of November.

Bron:  Trading Economics

Suid-Afrika

 

President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die kabinet se samestelling verander is om lede van die RNE te akkommodeer.  Voor die verkiesing het sy kabinet 30 ministers gehad.  Tans is daar 32 ministers en 43 adjunkministers.  Die DA het ses poste, die IVP twee, die PA een, die PAC een, Vryhiedsfront Plus een en Good party een.  Die meer as 70 ministers is voor regter Raymond Zondo ingesweer.

 

Die president se toespraak tydens die opening van parlement suggereer dat Suid-Afrikaans politiek ‘n nuwe era binnegaan – een van meer politieke volwassenheid.  Hy het daadwerklike planne om plaaslike regering te verbeter, armoede aan te spreek en die onderhoud van infrastruktuur te bestuur.  Al hierdie aksies kan die stadig-groeiende ekonomie aanwakker.

Die RNE het versigtige optimisme vanuit industrie en finansiële markte  ontlok.  Tog is daar verskeie analiste en burgers wat skepties is en bang is die koalisie sal misluk.  Business Leadership SA het aangedui dat hulle ‘n gewillige vennoot van die RNE sal wees om ekonomiese verander teweeg te bring.

 

Suid-Afrika se aandelemark het ‘n sterk lopie sedert die verkiesing in Mei gehad.  Dit dui op ‘n mark-vriendelike uitslag.  Die mark het op 15 Julie 2024 ‘n nuwe hoogtepunt bereik.,

Bron:  Fund Focus

Die rand het versterk teenoor die dollar en dit het negatief op buitelandse bates ingewerk.

Bron:  Fund Focus

 

Die Absa aankopebestuurders indeks (PMI) dui daarop dat invoere steeds beperk is terwyl Suid-Afrika stoei met hawe kongestie.  Die vertragings in Kaapse hawens weens ongure weer dra ernstig by tot die probleem en sal impakteer op ekonomiese aktiwiteit.  Tog dui beide Sasol en Kumba aan dat daar wel ‘n verbetering in die hawens en Transnet sigbaar is.

Dit wil voorkom asof daar ‘n nuwe dissipline in Suid-Afrika besig is om pos te vat.  Hoë profiel politici soos Zizi Kodwa word vervolg en die voormalige voorsitter van VBS bank, Tshifhiwa Matodzi, het ‘n 495 jaar tronkstraf gekry.  In ‘n verklaring beweer hy dat die EFF R5 miljoen eenmalig asook R1 miljoen per maand aan “donasies” ontvang het.  Dit het gebeur om die bank se naam te red nadat die lening aan Jacob Zuma vir Nkandla aan die lig gekom het.  Dit word heftig ontken, maar die ondersoek duur voort.

Die Suid-Afrikaans Reserwebank se monetêre beleidskomitee het die repokoers konstant gehou op ‘n 15-jaar hoogtepunt van 8.25%.  Die primakoers waarteen banke geld leen is tans op 11.75%.  Die Reserwebank goewerneur, Lesetja Kganyago voel dat inflasie steeds nie die middelpunt van die teikenband bereik het nie (4.5%) met verbruikersinflasie op 5.2%.

Bron:  Momentum Invest

Tog voorspel baie markanaliste plaaslike koersverlagings van 0.25% in September en November, met nog twee voor middel 2025.

 

Beleggersvertroue blyk om meer optimisties te wees, met JSE data wat toon dat buitelandse beleggers R9.1 miljard in plaaslike aandele gekoop het oor die laaste paar weke.  Dit is ‘n skerp draai teen die tendens waarin hulle plaaslike aandele afgeskud het voor die verkiesing.  Voor dit het Suid-Afrika sewe agtereenvolgende kwartale van netto uitvloeie ervaar.

 

Die twee-pot sisteem is minder as twee maande weg, maar nie alle aftreefondse gaan noodwendig deel vorm van dit nie.  Lede wat ouer as 55 was teen 1 September 2021 het die opsie om deel te neem.  Hulle kan hulle finale besluit in die periode 1 September 2024 tot 1 September 2025 uitoefen.

 

Brokkies uit die mark

  • Suid-Afrika was slegs een van twee lande wat gedurende die eerste kwartaal ‘n daling in handel ervaar het (daling in beide invoer en uitvoer.)
  • Moody’s het Kaapstad se kredietgradering aangepas vanaf stabiel na positief. Dit het dus Kaapstad se gradering van Ba3 bevestig.  Dit is een vlak laer as Suid-Afrika se Ba2 gradering
  • Eskom het aangekondig dat Kusile se eenheid 5 suksesvol met die nasionale netwerk geïntegreer is met ekstra lading van 8000 MW.
  • Gemeenskappe in die Wes-Kaap het onstuimige weer gehad met massiewe storms en vloede. Sterk winde het groot skade aangerig.
  • Die Voedsel- en landbouorganisasie (FAO) het aangedui dat Suid-Afrika se mielieproduksie nie voldoende is om buurlande se behoefte te dek na uitmergelende droogtes nie.
  • Die president het aangekondig dat die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) dit ondersoek om voedselitems wat vrygestel is van BTW, na 19 ander items uit te brei.
  • Die formule vir die bepaling van die brandstofprys, asook ‘n paar ander geadministreerde pryse, gaan hersien word.
  • Opposisie partye het voorsitterskap van agt portefeulje komitees gekry.
  • Meer as 120 dae het sonder beurtkrag verloop.
  • John Hlope se posisie in die JSC word wetlik beveg. Die DA het formeel ‘n klagte by die hof ingedien.
  • Die Gauteng regering is op onstabiele grond met die ANC en EFF alliansie was krake toon.
  • Versoeke om die burgemeester Kabelo Gwamanda te verwyder klink al hoe meer op.
  • Afriforum het gevra dat Malema en Shivambu ondersoek moet word vir hul betrokkenheid by die VBS sage.
  • Die voorsitter van die SA Kommunisteparty, Blade Nzimande, het weer aantygings ontken dat die party voordeel by VBS getrek het.
  • Vervoer minister Barbara Creecy het het aangekondig dat sy privaat deelname aan die Suid-Afrikaanse spoornetwerk wil uitbrei. Sy wil ‘n gefokusde eenheid in haar ministerie aanstel om die doel na te strewe.
  • Die Nasionale Kern Reguleerder het Eskom se versoek om Koeberg kernkragsentrale se eenheid 1 se leeftyd te verleng na Julie 2044.
  • Verbruikers prysinflasie (VPI) het volgens Stats SA gedaal na 5.1% in Junie. Dit was 5.2%.
  • Kerninflasie het verlangsaam vanaf 4.6% na 4.5% oor dieselfde periode.

 

Rocco Carr

The inflation of american background. Economic critical or risk management of USA. Investment texture for banner.

 


Gepubliseer op:

August 5, 2024

Webtuiste ontwerp en onderhou deur Web Ateljee.